Tuis
Kobus Prinsloo
Persoonlike Details
Argiewe
Augustus 2007  (2) Julie 2007  (1) Junie 2007  (2) Mei 2007  (3) April 2007  (2) Maart 2007  (2) Februarie 2007  (2) Januarie 2007  (2) November 2006  (2) Oktober 2006  (2) September 2006  (2) Augustus 2006  (1) Julie 2006  (4) Junie 2006  (5) Mei 2006  (2) April 2006  (2) Maart 2006  (4) Februarie 2006  (4) Januarie 2006  (2)
 
Bloggerol hitte in dié land vedag
07 Jun 2007 8:05

 Hallo mense en hoe gaan dit en groete vir almal.

            Ek het kennis geneem van die BeSnoekering, maar dit spyt my papnat dat ek tans ander verpligtinge het. Ek is egter vrek lus vir snoek en om die clan weer te sien, sal maar vir Dana probeer stuur om in te staan :-D

            Kampkoors Produksies werk tans aan die plot vir die vervolg op die huidige Kampkoors Wildbesigtigingstoere reeks.

Dis harde werk om so stupid te wees, so ons is baie besig.  Ons is ook geensins negatief ingestel teenoor enigiemand met kontakte in die televisiebedryf nie. Behalwe as jou naam dalk Snuki is, maar ag wat, hy’s ok orraait as hy mens kan help met ietsie.

            Verder was daar gewaarwording. Nou ja goed, ons het almal ons lotjie wat die Kampkoors leserskorps insluit, 'n liefde vir die pad.

Daarom vind ons almal inspirasie in die mense wat op hom leef, mense soos Dana en Toast, die heer Bakkes, Kingsley Holgate, Bill Bryson.

Ek’t onlangs Tom Wolfe ontdek deur 'n dierbare vrind en Ewan McGregor se boek is 'n reus. Dis mense na wie jy kan luister omdat hulle die reis verspersoonlik en direk kontak het met die dinge wat vir ons die lewe die moeite werd maak; waarmee ons siele identifiseer. Of hoe?

            Die hele Weg redaksie is begaafd om dit te doen, reisigers almal. Elkeen verstaan hoe die pad bydra tot jou belewenis van daar waar hy jou aflaai, of dit nou avontuur, eetplek, geheim, gevaar, ontwaking, rus, antwoorde, ontvlugting, inspirasie of 'n kampstaanplek is.

            De laast ene van julle weet waarvan ek praat, want ons is almal padmense. 

As voorbeeld, en jammer as ek uitsonder:  Uncle Mac wat so mooi verstaan van die hart se bevlieging om iewers anders klopplek te gaan soek, wat dan dieper verstaan waaroor dit eintlik gaan, wat kan sien dat die spesiale ou ding van elke pad, die vurk, die plek is waar die antwoorde lê. Daar lê jou besluit om te doen of nie. En dankie, Uncle, dis nie op dowe ore nie.

            Die gewaarwording dan. Ons mis 'n lekker groepie mense se insette in hierdie ding.

            Die Kampkoorsdirektoraat is alombekend as instansie wat graag die musiekbedryf ondersteun, en veral 'n sagte plek het vir die talentvolle, swoegtende, reisende,  "genuine" musiekpleegers, ouens en vrouens wat rêrig musieke kan maak en woorde en wysies kan skryf wat spreek tot ons en ons uitkyk op die lewe, en definitief ook die pad.

Gepraat van alombekend, daar’s dalk selfs sprake dat Kampkoors in die VN bekend is, maar wie sal weet, hulle antwoord nooit ons fondsinsamelingsbriefies nie. Vrind Jan dring aan dat ons in Engels moet probeer en kyk of dit werk.)

            Dus, synde ons almal, vermoed ek, omtrent op dieselle golflengte opereer, het Kampkoors se Kunste en Vermaak Subkommittee dit goed gedink om nou en dan, ter afwisselings der blog, te gaan padgeselsies soek by die musikante van die land.

Ons hoop dit dra die goedkeuring weg van die tienduisende dawerende Kampkoors ondersteuners. 

            Intussen het ons klaar ons visier ingestel en die roer ge-olie. 

Ons gaan begin met Klopjag (as ons hulle kan opspoor of omkoop), 'n langpad musiekgeselskap wat jou sal laat verlang na jou jou studentedae en daai anner mens van lank terug in jou verlede met hulle roadtrip-musiek.

En ja, ons gaan praat oor kamp ook, want ons is Kampkoors, after all.  (As iemand weet wat dit in Duits of Switsers is: Vrind Jan sê dit kan dalk vrugte afwerp in Geneve).

Kommentaar (2)
Kommentaar
 kietiekat
07 Jun 2007 11:24

Hi Kampkoors - wel ons sal jou mis by die snoelbraai maar jy kan maar vir Dana aanstuur oor! Miskien volgende keer!


 annie
07 Jun 2007 1:25nm

As Ewan sy hare groei, tattoo ek Ewan McGregor op my stuitjie. Het jy gesien hy en Charley doen nou 'n nuwe toer "The Long Way Down" vanaf Scotland tot hier by ons. 3 maande lank. By dit als is hy afterall OubieWan Kanoubie! Jou "padgeselsies" is 'n briljante plan.wow. Dit kan net interresant wees en versigtig maar vir/in Geneve :) dit kan gevaarlik raak :)


 Naam (vul asb. in)
   E-pos adres (vul asb. in - sal nie gewys word nie)

Herhaal wat jy hierbo sien
 

 

© Kopiereg Weg 2004 - 2005. Sommige artikels beskikbaar gestel deur Veld Toe.
Terme en Voorwaardes   |   Kontak ons   |   Ontmoet die span   |   Teken in op Weg